Jongste aktiwiteit:

leprechaun

 

 

oor die duine

kom daar lieflike wysies

van groen woude met dwergies

wat fluit speel en dansend beweeg

al om hul vuurtjie van takkies

wat geur van heuning dra

 

oor die golwe

dreun  lied van leprechaun

wat vertel van dors en honger

van seevaarders ver oor die see

wat water kom soek het

hier agter my duin

 

in stegies en strate

lê die geur van ouwêreld geeste

wat jou asem laat snak na vars lug

die koel seebriesie laat inadem

asof dit jou laaaste sal wees

na leprechaun se gees

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed