Jongste aktiwiteit:

fobie

.
koue lug vertrek die gesig
dit verwring jou vel in plooie
bloed vloei na jou gesig om te red
jou spiere begin ruk en bewe
jou hart wil vinniger klop
.
so maak vrees met jou
dit konsentreer jou denke
jou liggaam pomp adrenalien
jou brein maak gereed
vinnig seine te stuur
.
stadig verkoel dit jou lyf
jou hele metabolisme vertraag
soos temperatuur daal word jy stadig
jou bloed verdik en vloei moeilik
jou reaksies word traag
.
vrees verlam jou psige
van aanhoudende kommer
word mens traag om te reageer
vinnig om paniekerig te raak
dit maak jou siek
.
om vrees te verloor
is om liggaamlike pyn af te skryf
pyn sal altyd daar wees om te verduur
maar die groot Geneesheer
sal jou siel veilig hou
.
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed