Liefdesnota (Brons)
Jou koorsagtige najaag
en blatant-gewaande
besitreg van my
– jou ydele gebruik van my naam –
Demoveer my tot klatergoud-
bedrieglik mooi van aanskyn,
dog innerlik saf en wesenloos
Hoogagtend,
Die Liefde
3 Kommentare
-
morne du preez
AITSA! dis nou van 'n heel ander oogpunt.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek