Jongste aktiwiteit:

Mure van Sout en Tyd

Mure van Sout en Tyd

waar vissershuisies hurk teen sout se koue kus
lê skadus lank oor sand wat stilweg lê en rus
mure in melk-kalk en room se ligte geur
breek die wind se stem voor elke huis se deur

golwe verf die rots in skuim se wit tapyt
‘wyl meeue draai waar sonlig, strale gooi bo uit
getye pols vas teen rots verweerde steen
’n ritme wat die kus met saligheid kom seën

die lug dra die geur van sout oor kaaie wyd
die see hou sy geheime onder vloed se kleed van tyd
boogvormige dakke buig teen die wind se draai
deur sout geslyp oor jare waar Kaapse stroms waai

en as die maan sy silwer oor die see se mantel strooi
staan huisies soos wagters stil beskut en mooi
hier waar sout en skadu ineengevleg kom lê
fluister brekende branders wat net die kus kan sê

©Nicola Brown




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed