ritmos
tydens dagbreek
van ons vriendskap
het die strale al verskyn
sonstrale van genadige hitte
skerp gespits in helder kleure
beloftes van wat nog kan kom
melodie van ons saamwees
polifoniese tekstuur
of monofoniese
ritme in jare
vervorm
© Tearlach.
Ritmos – grieks vir ritme
polifonies – veelstemmig
monofonies – eenstemmig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.