bot
kyk, as perskebome begin bot
jy weet mos, daardie groen spruitjie
daardie nuwe groeipuntjie aan elke takkie
dan, is die lente aan die kom
wag jy vir die pienk blom
so wag ons op jou
op jou groen spruite
wat nou dringend moet kom
voorlopers van wit, oranje en pienk
wat my duin moet kom oortrek met kleur
wat harte en siele sal kom bekoor
die kleur in hul lewens weer
sal ophelder in seisoene
van herlewing
soos goue
woorde
is al jou
botte
my lief
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.