Jongste aktiwiteit:

vervul

 

 

daar hang mis oor my duin

nag se donkerstrale beweeg langsaam

spookbeelde dans oor dreunende golwe

kermende meeugeluide vul die grys lug

met elke brander die wit soom

wat lewe uitstort oor sand

so vorm elke gedagte

sy eie relaas woorde

wat uitstrek oor wye velde

van aktiewe breingolwe

in sensoriese reëlmaat

van hoor, sien

en voel

ek voel jou

jou woorde sny diep

deur die waas

van my

ek

 

© Tearlach.

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed