vaaltyn
oor my duin lê daar geen vaaltyn spore
slegs in die steeg deur die fynbos se kronkel
daar lê diep spore van ‘n strydros wat pronk
verder teen die hoogtes sal selfs vaaltyn vrek
van geen sappige bos of lekplek in die sand
tog is daar ver agter my duin, tussen huisies
een plekkie waar daar ‘n vrye gees woon
waar my vaaltyn-gees kan gaan drink
al proe die water soms effens brak
dit les darem my dors, ek oorleef
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.