Arm mans belofte
Ek wens ek kon jou gee
wat jy verdien,
ek wens ek kon die sterre vang
en teen ons plafon ophang.
Ek wens ek kon dit nader trek
vir ‘n sterlig ete ,
ek wens ek kon jou daarheen vat
en tussen hulle dans terwyl engele sing.
Ek wens ek kon jou
neer lê op die wolke
en jou prag van die
aardoppervlak aanskou.
Ek wens dat ek jou kon gee
wat my hart vir jou voel.
Ek wens met elke verskiendende ster
dat ek jou lippe glimlagend kan hou.
Die arm mans belofte
gee ek aan jou.
Op ‘n leë valentynsdag,
al wat ek kan gee:
Is om jou hart warm en droog te hou.
(C) Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.