Die Ingelsman
Vang jy vis
in die Krokodilrivier
Jy wat boodskappies
en seine stuur
Glimlag sommer
so roekeloos
Sonder om te blik
of te bloos
Sal jy jou geheime
in die skemer met my deel
Jou ingelse woorde
oor my rug laat streel
Romanse dans
in die geel volmaan
Net so kom jy
uit my drome vandaan
Nog bietjie langer
hier te bly
Onder die doringboom
Met jou te vry
My hart verloor
tussen die boom en die bas
en my kop iewers
in die klitse en gras
© Carla Visser
2 Kommentare
-
Viooltjie
Dit baie geniet. Lekker goedvoelgedig. Goeie werk :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Baie mooi gepen - mmm die liefde darem.