DIE VROU
die vrou.
die vrou is broos
soek net troos
liefde , geduld en omgee
geen vergelyking met die bose
Die vrou is die skenker van die lewe
na die aarde,respekteer haar
vertroetel haar die son die maan en die
sterre skyn oor haar kop nes oor enige
ander, vrou wees dit waardig
Soms kyk so baie na bo en vra
Here help my deur die lewe
Ander kyk na bo en se dankie Here ek is vrou
Die blare van ‘n boom wat skaduwee bring
so bring sy die vrede om haar heen
Kyk na die blomme en dan ruik jy die geur
van die vrou om jou heen
Moenie dit miskyk nie sy mag nie ween
vir blomme wat gekneus word of droog word nie
Al wat sy vra is liefde
dit is so klein woordtjie
maar tog so groot
gee dit vir haar
sy verdien dit.
Eva was gewees,
Vandag is sy vrou
van gees.
~jac~
2017-10-30
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.