My klein swart boekie
Ek dra ‘n swart boekie
in my handsak saam,
‘n boekie vir ‘n afspraak,
nommers of adres.
Die boekie lyk nogal
asof ek ‘n lewe het,
al is ek so eenkant,
weg van al die res,
al lyk ek soos ‘n koekie
wat nêrens ooit heen gaan,
al het geen een die tyd
om my dalk te date.
Maar niemand weet dat
daar in my boek net
doodles is en notas
vir gedigte en skryf,
dat ek almal dophou,
die wêreld beskou
en lag in my mou
as ek skinder by myself
en met my vriendskappe
wat ek in my swart boek bou.
© Charleine Collins 3 Desember 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.