Jongste aktiwiteit:

WWW.wêreldwye web,com hier

Gee nou ‘n drukkie,
dis die volgende tree –
verras die ander een daarmee!
So ‘n stywe vashou
kan net die vonk teruggee?

‘n Luislang se omhelsing
mag die gees bevry.
Hy smoor en wring
jou netjies as hy jou kry
na beginblokkie een –
laat jou nie gaan
en belowe vurig
hy los jou
nimmer as te nooit
alleen.

Dan is daar die vanger
van die liefdesplaneet
wat so graag vlieë eet,
die spinnekop en inkvis
wat toe kan vou
en allerhande goeters
met tentakels wat klou.

Dwarsoor orals is daar arms wat hou en wurg,
klampe vol krag of gif.
So wees versigtig –
wat kry ‘n mens dalk vir ‘n drukkie terug?

© Charleine Collins 3 Desember 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed