my melodie vir jou
jou fluisterwink
het ek gehoor
sommerso in my oor
ek het gedroom
ek glo sowaar
dit kan nie wees
is jy nog daar?
jou stem soos goud,
ek’s dan alleen
nou leer ek weer
fluweel van omgee
verander nooit
verseker my
ek sal nie spyt
die hoogtes in
sal jy my lei
my asem stil
ek het geen wil
jou vingers sterk
raak nog nie eers,
onder my vel
tril ‘n melodie
oor die dansvloer sweef
jou geur
jou diepblou oë
ek kan nie wag
jy wil
ek droom
my vashou
tot jy die môreson
om my skouers vou
©adéle theron
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek