Jongste aktiwiteit:

Nie deur sonde blind …

Hy is nie deur sonde blindgebore,
soos die fariseërs dit graag wou hê,
‘n bedelaar wat langs die tempelpoorte lê.

Sy ma kon wees, goed en gelowig
of ‘n heks, ‘n dief of, o! behoede my,
‘n egbreekster, skynheilig verby.

Pa is ‘n Jood, deel van die volk
wat uitverkore Sy gebooie onderhou,
maar wie weet of het hy snags verbrou?

Maar hy is nie deur sonde blind nie.
Jesus wys tereg daarop, Sy Liefde groot,
sodat ons almal aan Hom kan behoort.

Eeue al is sy blindwees beplan
sodat Jesus ons daardie sabbatdag kon wys
hoe om Sy Vader se naam te loof en prys.

Joh.9:3 En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.”

©adéle




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak