Tuiste vir goddeloosheid
Tuiste vir goddeloosheid
Jou geheimsinnigheid
lê diep veborge
in die steenwerk
van jou fondasie
jou eensame verlatenheid
vertel tog van ‘n tyd
van lief, leed en lag
‘n tyd waarna jy sekerlik nog smag
ek brand om na jou stories te luister,
om te hoor wat hierdie mure fluister –
maar deur jou gebrokenheid
sal jou geheimsinnigheid vir ewig swyg
diep in die velde staan jy
eens trots
maar nou geplunder tot ‘n geraamte van wat was –
is jy omskep in ‘n tuiste vir goddelooshede
©PcV
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek