My vrou is dood! …
die dag het skielik
middernag donker geword
toe die lewe jou kom haal
en dood aan my lyf vasgord
die son het ophou skyn
ek kon nie sien waar ek gaan
daar was geen lig waar ek moes loop
die die son of selfs die maan
mense praat en fluister
druk my skouer en my hand
en ek sweef emosieloos
in ‘n vreemde veraf land
dit sal weer beter gaan, sê mense
die seer raak minder fel
as jy nie reeds daar was
sal jy nie weet dis altyd hel
dan kom die spesiale dae
herdenking, kersfees en verjaar
en jy weet elke keer net
die herinneringe is vir jou gespaar
maar onthou-jy’s bring haar nie terug
en niks kry jou regtig deur die dag
niks maak die lewe makliker
as jy sonder haar moet lag
so as jy nie reeds daar was nie
moenie maak of jy verstaan
gun my maar die hartseer
oor sy weg moes gaan
ek probeer my bes om aan te gaan
leef daagliks vir my stukkie brood
maar in my huil dit elke dag
want my vrou is dood!
7 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Emosie goed beskryf, knap gedaan.
-
Palet
Dis baie hartseer..net jou hart sal met tyd kan genees van die seer.. mooi geskryf
-
neels
Borels dit is n meesterstuk
-
Viooltjie
baie goed gepen Borrels. hartseermooi.
-
Kappi
Mooi bewoord Borrels en ware woorde!
-
Koekekranka
Wroegend en besonders!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
staande applous vir hierdie diepseer gedig... puik gepen!