Ek ken die plek
Ek ken ’n plek waar bergtoppe
wolkekrabbers liefd’ryk soen
wynwingerde volgeswel pronk
tussen groen-geil kransvalleie
Ek ken jakaranda-perstapyt
wat betonreus sypaadjie verf
Bosveld koning doringboom
met koedoe,kameel wat wei
Ek ken lied van die oseaan
haar spoegskuim op die strand
woestyn se rolwiel-spinnekop
wit wrakke op Skedelkus sand
Ek ken rommel van tromme
wat swanger donderweer roep
die reuk van regte Skepper-reën
en soet van doudruppel-stroop
Ek ken die weeklaag-verlore volk
wie se dagbreek al flouer brand
rug-gesteek met verdiende dolk
ek ken nie meer eens lieflike land
3 Kommentare
-
neels
Evelyn jy laat my verlang
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
baie mooi