Fluisterstem
onder die wakende oog
van pienk-wit jasmyn wolke
dans tenger grassade en
volg ek die rigting van jou stem
wat liefde in verhalende trappe spel
neem dit my na nuwe hoogtes,
dra dit my met sagte engelvlerke
op die simfonie van die wind
waar engele met fluisterstem
sag deur my hare kam
© Anzé Bezuidenhout
6 Kommentare
-
-

Kappi
Roerend mooi. So is die liefde inderdaad op 'n trappeleer.
-

neels
Pragtig anze
-

Koekekranka
Maar weer 'n juweeltjie uit die skatkamer waar liefde hope le...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
Die roepstem van ware liefde jy die mens na nuwe hoogtes. Goed verwoord.