Jongste aktiwiteit:

ONSKULDIGE KATTEKWAAD

ONSKULDIGE KATTEKWAAD

vriende wat vrydae aande jolyt
kon die kat lekker in die donker knyp *Idioom – Die kat in

as die jongklomp in die doodloopstraat
vir kwajongstreke bymekaar kom
was musiek regte boem-boem klank
dit was ‘n gelag, gedans en weer gelag
saggies praat verander in duiwelsraad
as hul aartappels in uitlaatpype druk
want motors was mos in die straat gelaat

vriende wat vrydae aande jolyt
kon die kat lekker in die donker knyp

sodra die blouligte dan om hulle blom
skarrel hul soos muise deur die geheime steeg
om van die bloupote af weg te kom
net om volgende vrydag weer
onskuldig pret te kom maak want

vriende wat vrydae aande jolyt
kon die kat lekker in die donker knyp

© Eleen Van Deventer Vorster




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed