Jongste aktiwiteit:

Jou Seisoene

Ek sien die winter in jou hare
maar die vonkel in jou oë
wys die vuur in jou se blus
is steeds nie uit nie,
en die lyne om jou oë en jou mond
vertel verhale van jou lewe
van die trane en die lag,
van jou lente en jou somer
en jou herfsblare se prag.
Die spore van jou hartseer,
van jou swaarkry en jou pyn
lê verweef in al die lyne
van jou vreugdes en geluk,
om ‘n tafereel te vorm
heel eenvoudig sonder smuk,
want jou skoonheid is geanker
in ons Heer se milde seën
en daarom skyn dit helder
soos die sonlig na die reën.
Jou hart is sag soos donsveer
en soos klokkespel jou lag,
jou glimlag bring die dagbreek
na die seer se donker nag

© Anton Bosch 22/03/2018




2 Kommentare

  • See-Jay-El

    Hierdie is 'n pragtige stuk werk. Ek lees waardering vir iemand wat 'n pad saam met die spreker gestap het en deur dit alles 'n anker gebly het. Al het die lyding en seer van albei partye sy tol geeis, het die liefde tussen die twee mense verdiep... Sjoe, skielik ontbreek die woorde my! Jy het soveel gese tussen die woorde!

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed