Pottebakker
Pottebakker
Pottebakker,
neem hierdie vormlose stuk klei
en begin om met U geoefende hand
om my voor te berei
U sien Pottebakker,
hierdie voorwerp het misluk
en soos Petrus van ouds
het ek U drie keer al verraai
voordat die haan kon kraai
Pottebakker, knie die klei
sodat U lewende water eweredig versprei
en die eie ek uitgepers kan word
om plek vir U handdruk te los
plaas die klei dan op U bakkerswiel
om ‘n voorwerp van U liefde te vorm
dan, na U tevrede blik
plaas my in die oond om te verhit
om die voorwerp permanent te vorm en versterk
en bruikbaar te maak om vir U te werk
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.