Jongste aktiwiteit:

Oor beurtkrag, begrotings en berusting

Oor beurtkrag, begrotings en berusting (SILWER)

My seun,
die tweedehandse tas se kerswaskol
het vir Ma mid-skrop skielik berusting gebring:

dié tas is straks oud maar jóú kanse is nuut
en voor ons het ánder ontberinge die hoof gebied
(al moes huiswerk moontlik in kerslig geskied).

Ook jý sal anderkant steeds heel uitkom …
en sou moeilike tye dalk merke laat,
ets dit ‘n deurdrukverhaal waarby ander kan baat.

©ASvdMerwe




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed