
PAPLEPEL-GENADE
PAPLEPEL-GENADE
Jare terug loop ek een namiddag in een van daai winkels waar jy Pic en jou dan skoon polities korrek skrik as dit by die Pay-slag kom.
Ewentewille – klaar betaal en oppad uit, toe daar ‘n skoon dakliggende geraas als oordonner: ‘n Seuntjie van so 4/5 het so entjie van my af al skreeuende op die grond neergeval en met daai vuisies van hom teen die vloer begin slaan. Omdat en oordat, sien; hy wou ‘n sekere iets hê en sy ‘stoute’ ma het geweier om dit vir hom te koop.
Nou – jy kan jou voorstel hoe die ouerlike wyshede heen en weer gevlieg het; van als wat hulle aan die bloedjie sou doen sou hy nou hulle vlees en bloed gewees het.
Die volgende oomblik slaan die knapie se ma reg langs hom neer; en sy skreeu en slaan harder met met haar vuiste as wat hy doen. Was ‘n kwessie van ‘n paar sekondes, toe wip daai seuntjie op en gaan rooi gesiggie eenkant staan; doodskaam vir sy ma wat hom so in die skande steek by al hierdie vreemde ooms en tannies😁
Nodeloos om te sê – ma (met die kop onderste-bo seuntjie) is onder luide applous by die winkel uit!
So sit ekke en dink hier op my geliefde ou Ghwarriegat terwyl ek my Swaard sit en blinkvryf – is nie helemal seker waarom nie; is daar ñ geveg wat iewersters broei…. Hero?…. Hoe nou ookal …. Enne; ja, ek kan nie help om te wonder hoeveel keer (en ek sê dit met net die grootste awe en respek!!) my Meneer – dis hoe ek kleindogtertjie-tyd al my PappaGod noem – en partykere my Hero ook ‘n vloermoer (onder luide applous van Parakletos en die engele😁) moes gooi neffens myne sodat ek kon besef ek is besig om aan te jaag; en ek wou nie luister na Sy Stem nie, oordat en omdat; partykere se soms is my ore aan my amagatta vasgesweis!!
En dan het ek ook skaam, kop onderste-bo eenkant gaan staan. JaJa goed; partykere was ek maar goed dikbek oor Hy my so ‘in die skande steek’; maar selfs dan het ek hier in my binnerste binnekant geweet – dis ekke wat Hom eintlik in die skande gesteek het.
Ek weet my Meneer is die liewerste lief vir my en soms moet die paplepel of ‘n henske vloermoer (by wyse van spreke, nê) ingespan word om hierdie dogtertjie se ore weer te laat werk soos wat dit nou uit die fabriek gekom het… Reset settings😇
Salute my eie persoonlike Meneer – Jy is die beste Pappa in die hele (nie die halwe nie; die hele-ganske) wêreld!!!
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jy vandag onder Sy liefnes toegegooi word en warmteer gekoester warm onder ‘n laslappiekombers van genade; soos ‘n vesting teen die koue.
©Liza Daniells
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Ek het lekker gelees.