Jongste aktiwiteit:

PENSKEPSELS

dalk skryf my pen vandag meer leesbaar

dalk vertaal sy ‘n beter verstaan

iets wat nie aan tyd gebonde is nie

iets telepaties wat sy kan skryf

net soos jy dit sou wou dink

iets wat in die sfeer

van gewone denke kan verdwaal

of iets wat ‘n paar siltes kan verstom

iets wat die seer in jou

kan verbrokkel tot ‘n afsoen

iets met metafore

wat lig kan bring

na die vensters van jou siel

of sommer net iets

wat jy vir altyd sal onthou

© 10/2023 Caren Kearley

FB: Nimfoleptiese Woorde




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword