
Jeuk
die werêld het
voorgeskrewe giere
googlemaniere van doen
om almal onrustig
te laat
in familiehuise
saamgevat in kamers
wit uitgeverf
agter toe deure
baklei die stilte
ek lê wakker
in ons hemelbed
krap aan ou muskietbyte
met die wete
dié gejeuk bly herhaal
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.