Jongste aktiwiteit:

Poort van die heuningbye – Hoofstuk 5

Poort van die heuning bye (5)

“Tilda sal jy asseblief ‘n brief kom afneem”
Sy neem haar nota boek en ook die brief van kennisgewing die sy alreeds vroeg voor werk getik het en alreeds netjies in ‘n koevert gesteek het, dit is goed dat Mnr. Mc Gie haar roep, want dit gee haar die rede om haar dringende bedanking met hom te bespreek.

Sy neem plaas in die regop stoel voor sy lessenaar, die stoele met die arm leunings is vir klante, sekretaresses moet regop sit in stoele sonder arm leunings en nie in die sagte stoele nie.

Hy praat stadig en duidelik, die brief is soos gewoonlik weer in Engels, haar hande beweeg vinnig soos sy met akkuraatheid die diktee van sy brief in snelskrif af neem, “Tilda, eindig maar soos ons gewoonlik doen, graag sal ek vandag nog die brief wil teken voordat ek na die hof gaan”

“Mnr. Mc Gie, dit is goed, maar mag ek u net ‘n oomblik spreek oor ‘n private aangeleentheid?”

Private aangeleentheid, Mc Gie kyk na die jong vrou voor hom, sy is reeds agtien maande in hulle diens, ondanks die feit dat sy ‘n Afrikaans sprekende is, is sy die beste Sekretaresse wat die firma nog ooit gehad het, sy is snel van begrip, deeglik, werk gewillig oortyd, dit bly vir hom ‘n raaisel hoedat sy na die duurste Privaat skool kon gaan, eindelik weet hy weinig van haar as mens, sy was die Cum Laude student van die skool en direk na haar matriek deur die Skoolhoof by die firma aan beveel.

“Sit Tilda, wat is jou probleem?”

Sy gaan weer regop sit op die harde stoel, soos ʼn Meerkat voor ʼn gat, die boek met diktee rustende tussen haar saam gevoude hande op haar skoot, sy kyk hom reg uit aan,” oog tot oog, soos haar Vader altyd sệ, dan kan sy lees wat in sy kassie met die wit samestelling aangaan ”, sy wens hy kan haar nou sien sit, ʼn klein dun glimlag ruk aan haar mondhoeke.

“Mnr. Mc Gie, ek benodig ‘n kort kennisgewing, My Moeder het my dringend nodig, daar is geen ander uitweg nie, maar sy is my Moeder en kom nou op die eerste plaas, miskien kan ek twee weke kennis in dien, self weet ek nie vir hoe lank sy my benodig nie maar die situasie is uiters dringend”

Hy kyk na haar, totaal in die war, kort kennisgewing, wat sou die rede wees? Wat is eindelik haar huislike omstandighede? Die firma het nooit navraag gedoen nie, waar is haar Vader, wat doen hy?

“Wat doen jou Vader Tilda, ek het nooit gevra en jy praat nie oor enige familie nie”

“My Vader is ‘n Imker, en vir omstandighede buite sy beheer kan hy nie die deel van die boerdery behartig nie, ekself is ook ‘n Imker, en moet voorlopig oorneem tot tyd en wyl hy weer self in beheer kan wees, dit is ons hoof bron van inkomste”

Imker? Wat is dit, Mc Gie het geen idee wat dit beteken nie, die meisie voor hom verwys na haarself as ‘n Imker, hy wil nie dom voor kom nie, maar nou sal hy haar moet vra?

“Tilda, wat is ‘n Imker?”

“Mnr. Mc Gie dit is ‘n Byeboer”

“Byeboer, Tilda boer julle met bye?”

“Ja, Mnr. Mc Gie, dit is die hoofbron van die boerdery, en ek het volledig opleiding daarin ontvang, reeds vanaf my kinderjare, en wel deur my Vader self”

Hy kyk na die jong vrou voor hom, haar wynrooi vlegsel is soos ‘n kroon oor haar hoof gespan, en hier en daar is ‘n punt van ‘n haarnaald te bespeur, hoe kan hierdie vrou bye verdryf en heuning uithaal, self is hy doodsbang vir ‘n by, hy hardloop sodra hy maar ʼn by in die tuin hoor zoem.

“Tilda, ek sal dit met die ander vennote bespreek, en jou voor die einde van die dag laat weet, dit sal vir ons ‘n groot verlies wees as jy gaan, maar jy kan altyd weer terug kom.”

Tilda staan op stoot die stoel terug, “Dankie Mnr.Mc Gie, ek betreur ook die feit maar glo my as ek hierdie saak op enige ander wyse kon oplos, sou ek dit doen”

Mc Gie kyk haar agterna, hy wonder wat is dan verkeerd met die Vader, seker skielik siek geword, Imker, wag tot hy die woord voor die Vennote gebruik, net soos hy sal hulle ook nie weet dat in hulle midde ‘n Byeboer werk nie!

Die nagtrein stop by elke stasie om die melk kanne op te laai, orals in die nag staan die rye melk kanne op die perron, met ook ander pakkette vir die dorpe die vorentoe lê langs die spoorlyn, in die donker nag beweeg die mense soos skimme op die perron, die ligte buite teen die stasie geboue se mure is beperk tot twee, aan elke hoek van die gebou is daar ʼn gloeilamp bedek met ‘n emalje kap, die spoorweg koop blykbaar grys verf in groot maat aan want die kleur word gebruik op elke Stasie in Suid-Afrika, dink Tilda, ‘die somber spookagtige nag tonele is vir haar soos die lees van ‘n geheime brief, net sy kan die inhoud verstaan.

Die enjin blaas sissende stoom af soos die trein die stasie langsaam binne stoom, Tilda het reeds al haar bagasie by mekaar, sy kyk deur die trein venster, haar oë soek op die perron rond vir haar Vader maar daar is geen teken van hom nie, dan sien sy haar oom Kobus staan voor die wagkamer se deur, sy steek haar hand uit en roep na hom, hy kom aan gedraf na die trein venster.

.

Sy oorhandig haar bagasie deur die trein venster aan haar Oom, en klim dan van die trein af.
“Goeiemore Oom Kobus, “`sy soen hom op die wang, hy hou haar vas, en soen haar terug.

`”Wat is ek bly dat jy tuis kom, kom, hy dra haar bagasie en loop met lang treë voor haar uit, “ ek het al reeds die wa gelaai met die rolle draad wat ons bestel het, en ons moet in die pad val voor die son gesig wys!”

`
Die wa is hoog, oom Kobus hou sy twee hande bymekaar,” `Kom Tilda trap op my hande dan lig ek jou op die wa.”

Hy klim op, en klap met sy sweep langs die perde, die dun fluitende geluid van die sweep is hoorbaar in die stilte van die half slapende dorpie. Tilda voel die stilte, hierdie tyd van die oggend is die stad reeds vol geluide, haar hart is bly, sy is op pad na Heuningkloof en haar eie mense.

Haar oom sit stil langs haar op die bank, die leisels in sy hande, Tilda kyk na hom, wat ‘n aantreklike man is hy, die sagte grys langs sy slape gee die indruk dat hy iemand is van leier eienskappe. Hy bly egter vir almal ʼn raaisel.

Haar Vader en Oom Kobus was na ʼn Landbou skou in Bloemfontein, en daar het hulle die Alberts familie ontmoet, en goed bevriend geraak. Die drie susters, Lenie, Martie, Louwna, en broer Pieter was die lewe van al die danse op hulle plaas “Grasvlakte”, net buite Bloemfontein… hierdie plaas was die kuier plek van die jongmense uit Bloemfontein en die Distrik.

Haar Vader het smoorverlief geraak op Lenie Alberts, haar moeder, en oom Kobus op Martie Alberts, daar was ‘n dubbele troue beplan, en al die voorbereidings was getref, Martie Alberts laat Oom Kobus weet een dag voor die troue, dat sy nie kans sien vir ʼn sukkel bestaan nie, en gee aan hom sy ring terug.

Die gebeurtenis het aanleiding gegee dat Oom Kobus in diepe depressie gegaan het, sy hart was gebreek, en hy het nie die troue van haar Vader en Moeder bygewoon nie, maar dieselfde nag vertrek, en daarna vir tien jaar weggebly sonder enige taal of tyding.

Ouma Brink het getreur oor haar seun, ses maande voor sy terugkoms het sy stil met sy naam op haar lippe gesterf.

Haar broer Floors nege jaar en syself elf jaar oud, het gespeel met die klein kuikentjies voor die agterdeur, toe die buurman met sy perde kar na die plaas aangery kom, en langs hom het die vreemde man met die groot veelkleurige papegaai gesit.

Haar moeder se opgewonde uitroepe weergalm nog steeds in haar ore `Dit is onse Kobus!
Hy het terug gekom na huis.

Word vervolg.
`




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed