Jongste aktiwiteit:

Poort van die heuningbye – Hoofstuk 6

Poort van die Heuning bye (6)

Die vreemde man op die perdekar klim af, geklee in ‘n sagte geruite egte wol baadjie, met ʼn donker

bruin broek en ‘n sag rooi krawat om sy nek sy bruin skoene is soos haar Pa se kerk skoene sag en

blink.

Hy stap om die perde kar na agter en help om die groot skeepskoffer vol met prentjies geplak en

netjies met toue vas gemaak agter op die perdekar se rak los te maak. Dan tel die twee manne die

koffer versigtig af. Die Papegaai staan steeds op die skouer van die onbekende oom Kobus en

trippel heen en weer.

Die manne neem elkeen ‘n handvatsel van die groot vierkantige koffer en volgens die wyse waarop

hulle die koffer dra is dit baie swaar.

Haar Ma hou die agter deur oop en hulle plaas die koffer op die wit geskropte kombuistafel. Dan

eers neem die man haar Moeder se gesig tussen sy hande en soen haar op die mond. “Middag suster

Lenie, hy neem die Papegaai met sy een hand van sy skouer af en plaas die voël op die koffer.

Sonder dat daar enige beweging is in die snawel skreeu die;

Papegaai…Kobus…Kobus…Woer…Woer water! Tilda en haar broer staar na die voël met sy

pragtige veelkleurige vere maar al die stert vere is uitgepluk presies soos haar Ma se Sondags

hoender voordat dit in die pot gaan vir braai.

Hulle hoor die vreemde oom vra,”En is dit nou die kinders wat is hulle name?”

“Tilda, vir Matilda, en Floors” antwoord haar Moeder. Die vreemde man buk af en trek hulle teen

hom vas “Ek, is julle Oom Kobus en is baie bly om julle te ontmoet” hy soen hulle beide op die

wang. Hy ruik na kruie soos die wilde blomme in die veld met Lente en die heuning bye heen en

weer vlieg tussen die kleurvolle blomme. Die kinders wis dat hulle baie lief gaan word vir hulle

Oom, sy stem is warm en gevoelvol wanneer hy hulle aanspreek.

Haar Moeder versoek die buurman om te sit terwyl sy koffie maak. “Paul sal enige moment tuis

kom Kobus dit sal vir hom iets heilig wees om jou te sien. Hy het so vreeslik na jou verlang al die

jare”

Oom Kobus haal ‘n bos sleutels uit sy sak en tel weer die papegaai op en laat hom op sy skouers

heen en weer dans op een plek. Woer-Woer tel eers die een been dan die ander been op so asof hy

dans op ‘n hoop gloeiende kole. Oom Kobus sluit die groot slot oop van die skeepskoffer. Die

kinders se gesigte hang van nuuskierigheid feitlik in die koffer. Hy haal ‘n snaakse opvoubare stuk

traliewerk uit en twee bruin papier sakkies en ‘n silwer bakkie. Hy begin die tralies in mekaar

skroef, en binne ‘n paar minute staan op die kombuistafel ‘n volledige voël kooi. Hy maak die bruin

papiersak oop en skud droë pampoen pitte uit in die bakkie dan gaan hy na die kombuis rak en

neem een van haar Moeder se pap borde en skep met die beker water uit die wit emalje emmer op

die klein tafeltjie langs die vuurherd en gooi die water in die bord. Hy plaas die Papegaai in die

kooi, die voël begin water drink. “So, my woer-woer, nou kan jy rustig word ons is tuis.” Tilda en

Floors het weerskante van die kooi plek in geneem en hulle oë was vasgenael op die half geplukte

papegaai, niks anders was meer belangrik nie.

Buite op die werf hoor hulle die fluit van hulle Vader vir die honde. Hy staan skielik die kombuis

deur vol en kyk verbaas na binne, sy stem word ‘n hees fluistering “sien ek reg, is dit jy Kobus my

broer? het die Here my gebede beantwoord?” Tilda sien haar Oom Kobus orent kom uit die

kombuis stoel en haar Vader loop na vore. Die twee manne omhels mekaar en beide vee hulle oë

uit, selfs haar Moeder vee haar oë uit met haar voorskoot “Paul, jou gebede is verhoor eindelik is hy

weer by ons”

“Pappa, kyk! Oom Kobus het ‘n Papegaai saam gebring en sy naam is Woer-woer, en hy kan praat”

“Dit is mooi kinders, baie mooi”

“Pappa hy het geen gat vere nie! “roep Floors… “”Nee Floors let op jou taal nie so lelik praat nie”

“Kobus waarom het die voël geen vere van agter nie?”’vra Paul

“Hy pluk dit self uit blykbaar hou hy daarvan om kaal te wees”vertel Kobus laggende.

“Waar kom jy aan die voël? ”vra haar Moeder

“Dit Lenie is ‘n baie, baie lang verhaal miskien vertel ek julle dit eendag nog maar intussen bly dit

‘n geheim tussen Woer-Woer en my”

Kobus Kobus…Woer-Woer dans, Kobus dans. Roep die Papegaai!

Die voël se snawel is dig, maar die woorde kom skreeuende iewers van diep uit sy liggaam vandaan

terwyl die buurman steeds net lag van plesier met sy klein tong sigbaar tot agter in sy keel.

Die buurman groet en vertrek almal staan buite op die werf en wuif totsiens.

Hulle Vader en Oom Kobus begin gesels terwyl hulle Moeder melkkos vir aandete voorberei. Tilda

en Floors bly steeds sit langs die kooi van Woer-Woer, totdat Oom Kobus ‘n klein geborduurde

kombersie oor die kooi gooi “Gaan Slaap Woer-Woer jy is totaal oor vermoeid, nag “

Hulle is self moeg van die opgewondenheid en kort nadat hulle klaar geëet het moes hulle warm

water neem uit die koper warm watertenk van die hout stoof en hulle self gaan was vir die nag.

Wanneer Lenie hulle toedek, was Klaasvakie reeds in die bed wagtende met Woer -Woer op sy

skouer.

Word vervolg.
Bronne.
Elsevier Grote Winkler Prins
Skeleton Coast John H Marsh
Homopatie Medies Dr. Vogel, De Klein Dr.
Imker Boerdery Drenthe Nederland
Zpeurtocht door Zuid Afrika Z.A Morton
Encyclopaedia of Southern Africa Rosenthal




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed