Poort van die heuningbye – Hoofstuk 7
Poort van die Heuning Bye (7)
Die Perde draf op ‘n egalige pas. Oom Kobus hou die leisels lossies in sy hande terwyl hy sy pyp
stop uit die Magaliesberg tabaksakkie. Hierdie tabaksakkies knip haar Moeder oop en bleik dit en
sy werk dit netjies aan mekaar vir sagte afdroog doeke in die kombuis. Tilda sien die grys in sy
wenkbroue. Sy gaan hom vra waarom hy vir tien jaar verdwyn het uit hulle lewe.
“Oom Kobus mag ek iets vra, waarop ek al jare soek na ‘n antwoord?”
“Vra maar Tilda as ek die antwoord kan gee dan beantwoord ek jou vraag alles hang natuurlik af
van die vraag”
“Waarom het u vir tien jaar verdwyn uit ons lewe en ook uit die lewe van Ouma?”
“Tilda die aand voor my huwelik met jou Tante Martie het sy my haar verloof ring terug gegee nie
omdat sy my nie lief het nie maar omdat sy my te arm gevind het. Sy wou geen sukkel bestaan voer
en ‘n huwelik begin in die woning van haar skoonma nie. As sy my mee gedeel het dat sy niks vir
my voel nie kon ek dit verwerk het maar omdat ek ‘n te arm jong man was het dit my uitmekaar
geskeur. ‘n Oorlog slagveld was in my geopen. Ek was die enigste soldaat vegtende teen die
vyand van verwerping. Ek het die nag agter gelaat en my voor geneem ek sal gaan soek na die lig
waar dit ook al mag wees en het vertrek in ʼn oomblik van verdriet”
“Waarheen het u vertrek?”
“Eers na die Kaap, daar het ek op die hawe gaan werk as arbeider en gehelp met die aflaai van bote.
‘n Skeepsagent het my gevra of ek nie wil gaan vaar na die buiteland nie waarvoor ek dadelik te
vinde was. Hy het al die papiere en paspoort vir my in orde gemaak en na ses maande het ek
vertrek op ‘n Noorse boot na Noorweë as gewone dek werker of soos dit ook genoem word dek
matroos”.
Hy kyk haar aan; “Agter die sitplek is ‘n mandjie met kos haal vir ons iets uit? ek begin nou
hollerig voel op my maag want dit was te vroeg om ontbyt te eet vanoggend”
Tilda draai haar halflyf om en tel die mandjie op haar skoot. Sy maak die deksel oop, die reuk van
vars gebakte vetkoek met konfyt wasem uit die mandjie. Haar Ma moes seker midde nag op
gestaan het om dit te bak sy haal ‘n vetkoek uit en gee dit aan Oom Kobus. Sy pyp het hy dood
gedruk met die voorvinger. Haar gedagtes gaan terug na die eerste nagte na sy tuiskoms, vir ure het
hy met haar Vader gepraat oor sy ideë vir die stuk grond onder langs die rivier waar hulle altyd
gaan piekniek hou het en gaan vis vang het na die groot reëns.
Om langs die rivier te gaan boer was die groot probleem hoe om daar te kom.? die smal voetpad van
af die groot huis op die rand was heel smal en persone moes agter mekaar loop na benede. Die
steilte en afgrond aan die een kant was onheilspellend en dan by die begin van die voetpad was die
groot oorhangende kranse met die zoemende byneste. In die middel van die afdaal is daar die
elmboog, hier kan net twee persone of diere langs mekaar loop. Hoe om diere en groot voorrade
daar te kry? dit was ‘n groot vraag, waarop oom Kobus die antwoorde gevind het tydens sy
omswerwinge.
Die groot opstaande krans vlak by die huis ook “die groot krokodil” genoem omdat die krans van
veraf na ‘n krokodil half lyf springende uit die water lyk. Het oom Kobus deur sy omswerwinge die
oplossing vir die probleem gevind. Uit die Kaap het dik kabeldraad die selfde dikte as vasmeer
tou wat vir die bote gebruik word laat kom . Hy het die kabel om die krans vasgemaak. Twintig
rolle moes hy gebruik vir die doel. Om die punt van die laaste gedeelte het hy ‘n swaar hout dwars
balk vasgemaak en onder in die vallei ‘n groot vierkant gegrawe en die met riviersand en bale kaf
opgevul. Met ysterhake het hy die voorrade na benede laat gly. Om beskadiging te voorkom het
alles geland op die kaf in die put. Die diere moes hy myle ver om neem en met die voetpad vanaf
die sending stasie na onder neem. Hy het die landerye begin skoon maak en die losse klippe uit
gesleep na die oorhangende grotte en steeds ‘n kamer aan gebou. Die grotte was gedeeltelike huis
sonder pleistering maar heel moderne van binne. Paul het gedink dat dit ‘n groot swaeltjie nes is en
elke keer Spoeg broer Kobus weer soos die swaeltjies klontjies klei uit om weer ‘n stukkie nes aan
te bou, en die boerdery het langsaam begin. Hy het vrugte bome, groente, en tabak gekweek as die
inkomste bron.
“Oom Kobus, waar het u gekom aan die idee van die grot huis?”
“Tilda na my kontrak op die skip afgelope was het ek dwarsdeur Europa en Asië, sowel as Suid-
Amerika geswerf meestal op plase gewerk maar in Turkye het ek kennis gemaak met die pikswart
boerbokke en gewoon in een van die beroemde berg grotte wat gebruik word vir generasies as
huise. Dit is in Kappadosiese(Cappadocia,) ‘n landstreek in Turkye tussen Pontius in die Noorde en
Tata in die Weste. In die rots formasie is groot kamers gemaak en is in die omgewing van Urgup.
Die vermoede is dat dit oorspronklik deur kluisenaars gemaak was en die Assiriese handelaars daar
oornag het tydens hulle handel togte dit is vlakby die Eufraat rivier. Tydens my verblyf daar het
ek veel geleer van die omgewing ook bekend as Klein Asië en van grond benutting in bergagtige
omgewing. Ek het besef dat ek hier langs die rivier dieselfde metodes kan toe pas”.
“Oom Kobus waar het u Woer-Woer vandaan gekry?”
“Tilda, daardie verhaal laat ek eendag in my testament na vir jou om te lees” en hy lag uit sy maag
uit. Sy wis dat om te druk vir ‘n verder antwoord van(” die kaalgat voël) sal hy nie beantwoord
nie. Woer-Woer is later aan long ontsteking oorlede. Hy het ‘n behoorlike graf gekry dit laat
haar dink dat daar ´n groot verhaal agter skuil.
Die perde begin nou vinniger draf hulle ruik die stal sệ Oom Kobus. Sy sien om die laaste draai
tussen die groot strook Taaibosse is die huis sigbaar, sy wil huil, die warmte van haar ouerhuis is in
sig. Die liefde vir hierdie stukkie aarde behorende aan hulle familie laat haar binneste warm word.
“Om Kobus waarom wil Vader en Floors gaan veg dit is nie ons oorlog nie”
`
“Omdat iemand vir ons mense moet baklei maar ek gaan nie. My oorlog het ek gevoer van binne en
toe dit afgeloop was na huis gekom. Maar hierdie oorlog wanneer die afgeloop is sal die wonde
jare sweer van geslag tot geslag en sal vir altyd die afrikaner verarmd agter laat.”
“Rhodes het reeds sy pos as Premier verloor en hom onttrek van die Britse Sake. Hy word nou ´n
regte Imperialis”
Oom Kobus trek die leisels styf, “`Hoi, Hoi stop “, die perde kom tot stilstand, Haar ouers kom by
die agter deur uit, sy klim van die wa af en hardloop in hulle wyd oop staande arms in.
Word vervolg.
Bron.
My reis deur Turkye 2004”Op die voetspore van die Eerste Christene”
“
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.