Poort van die heuningbye – Hoofstuk 4
Poort van die heuning bye (4)
Tilda is erg onrustig sy het ‘n slapelose nag van rond rol. Sy probeer om haar besluit om haar
bedanking in te dien uit te stel. Sy moet eers definitief seker wees of daar wel oorlog verklaar gaan
word of nie miskien moet sy met meer intensiteit luister na die teekamer gesprekke tussen die
Engels sprekendes.
Dit is al vyf minute oor tien as sy die teekamer binne stap. Terwyl sy haar tee skink hoor sy die
gesprek agter haar dit word heel intens, Mnr. Mc Gie is aan die woord;
“Wat het Kruger na die Jameson Inval gedoen ? Hy het die Veto afgeskaf, so iets onnosel”
ʼn ander persoon tree toe tot die gesprek;
“Hy dag dat as hy ‘n spoorlyn lê tussen Pretoria en Lourenco Marques in Mosambiek kan die
ekonomieë van die Transvaal onafhanklik word, wat het gebeur dit het misluk! Selfs ek kon die ou
man dit vertel het”
Mr. Mc Gie gaan weer voort. Sy stem slaan bo die geluide van die afwas van die koppies uit.
“Hy weier stemreg vir die Uitlanders, ook naturalisasie, wat gebeur toe? Hy kry Groot Brittanje op
sy hoof en Die staan daarop vas dat Transvaal weer onder Britse Beheer kom. Die groot koningin
Victoria sal nie afskeid neem van haar Goud en Diamante nie dit moet Kruger tog besef”
Tilda keer terug na haar kantoor sy doen die tikwerk soos ‘n outomaat. Haar gedagtes spring heen
en weer spring na die Jameson Inval waarvan die kleiner besonderhede ontbreek in haar legkaart.
Die Dosent is reeds aan tafel. Sy oë blink van energie om sy vrywillige student verder die feite van
die onlangse geskiedenis te verduidelik.
Tilda groet vrolik “Goeienaand, lekker dag gehad?
“Sekerlik Tilda, en jy?
“So, so, ek moes na al die Kruger praatjies luister in die Teekamer en weet nou nog nie die waar
Jameson inpas nie.
Hulle bestel aandete wanneer die borde kos neer gesit word begin hy weer sy ete opdeel en gaan
al pratende hy verder;
“Rhodes was heel gemeen hy bewapen in stilligheid die uitlanders en hits hulle aan om in opstand
te kom teen die Regering.
Jameson is in beheer van die troepe en trek die binneland in sonder die bevel van die Hoẽ
Kommissaris. Die troepemag is van die Britse Suid Afrikaanse Maatskappy. Hulle word
gestasioneer aan die Westelike grens van die Transvaal Republiek daar in die omgewing van
Pisanie, en Mafeking met die doel om die Transvaal weer onder die Britse Regering te plaas onder
toesig van die Britse Hoẽ Kommissaris.”
Hy begin sy ete porsie vir porsie apart eet dan gaan hy verder.
“Jameson begaan egter ‘n groot flater. In sy voortvarendheid doen hy ‘n inval op 31 Des.1895
sonder toestemming van die Hoẽ Kommissaris. Ook sonder dat hy enige rekening gehou het met
die feit dat Kruger bewus was van sy poginge tot inval en daar naby Doornkop, duskant
Krugersdorp dwing die boere hom tot oorgawe. Dit het hy of Rhodes nie verwag nie.”
Kruger is ʼn Jagter, hy wis die planne van die Engelse lank vooruit. Hy het sy eie spioene orals in
die land.”
“Seker nie in die Noord Kaap nie?”
“Orals Tilda Orals”
Hy laai die vurk klein happies van een soort ete, en stoot dit versigtig sy mond binne. Tilda het nog
nooit iemand so sien eet nie.
“Kruger is oortuig dat die Engelse Regering agter die inval sit.
Die Invallers moes almal vir hoog verraad voor die vuur peloton dood geskiet word maar as
Christen wou Kruger dit nie doen nie. Hy besluit om hulle na Engeland te stuur vir straf. Jameson
word veroordeel tot gevangenis straf maar dien maar ‘n klein gedeelte daarvan uit.”
“Op hierdie moment is Kruger in samesprekings met die Hoẽ kommissaris Sir Alfred Milner in
Bloemfontein en glo my Tilda as dit misluk gaan daar Burger oorlog kom dit is seker”.
“Dankie, nou verstaan ek eindelik waaroor dit gaan nogmaals dankie”
“Tilda, ek het met ‘n Afrikaans sprekende Generaal onlangs gepraat en die boere het besluit dat
hulle moet kies vir die voort bestaan van hulle gesinne, want daar is niemand anders die vir hulle
gaan instaan nie en die onregte moet beveg word dit is die reg om te veg vir wat jy voor staan en te
veg vir die reg van jou eie mense sowel as hulle taal.”
“Maar hoe gaan hulle veg en waar gaan dit plaas vind?
“Tilda die Engelse het opgeleide militêre troepe, hulle is waardelose skutte. Die boere kan goed
skiet maar om ʼn masjeerde leër op die been te bring dit is onmoontlik. Ek is oortuig dat hier veel
dwarstrekkery gaan ontstaan. Die persone wat ons sal moet afgee aan die dood sal ons nageslag nie
eers van weet nie. Hierdie stryd gaan galbitter word selfs die Alwyn plant kan nie so bitter wees
nie”
Tilda sit op die rand van haar bed onder die flou lig van die bedlamp skryf sy haar bedankings
brief. Sy het geen keuse nie sy besef dit. Haar Vader is ‘n man van sy Volk selfs al woon hulle in
die Noord Kaap sy mense is die Afrikaners en die bloed vloei deur sy are..
Sy gaan vra vir kort kennisgewing van twee weke. Mnr. Mc Gie moet verstaan haar Moeder het
haar nodig sy sal nie meld dat haar Vader van plan is om te gaan veg nie.
Watter keuse het sy? Sy is die dogter van ‘n Imker (Byeboer) net soos haar Vader die seun is van ‘n
Imker, en al die seuns terug in die geslagte. Haar broer Floors elf maande jonger as syself, het
geen liefde vir die Bye Boerdery nie maar verdiep hom in die maak van Heuningbos tee. Sy Tilda,
het reeds voordat sy behoorlik kon loop agter op haar Pa se rug in ‘n knapsak gesit en saam gegaan
as hy Heuning uithaal. Hy het haar stelselmatig alles van die bedryf geleer. Haar Vader beskou bye
as die slimste lewende organismes op aarde.
Teen die ingang van die poort na die rivier diep onder in die vallei is die groot oorhangende krans.
Binne in die grot, diep na agter is die grootste bye nes. Haar Vader het selfs meer kaste daar
geplaas wanneer iemand die voetpad tussen die grot en die afgrond na benede gebruik is ‘n sagte
gezoem hoorbaar. Dit is die gedruis van die bye volk. Hulle hang in ‘n tros om die Koningin die wagte beskerm haar voortdurend. Bye is ‘n sterk sosiale familie. Die Koningin lê die vrugbare
eiers, tot 2000 per dag, Die eiers weeg drie maal so veel as haar liggaam’s gewig, en sy word
versorg deur haar howelinge ongeveer twaalf. Hulle was haar, gee haar ete, en beskerm haar, net
sy kan die voortplanting doen nie ander bye nie.
Sy dink met liefde aan die Bye, nooit het ‘n enkel by haar ooit gesteek nie hulle het orals op haar
arms beweeg maar sonder aggressie.
Daar ontstaan ‘n groot volk, maar weinige mannetjies. Die Volk glo in hernuwing. Die versorgers
gee minder en minder voedsel aan die koningin. Sy word heel swak en word met die helfte van die
volk uit die koninkryk verban om plek te maak vir ‘n nuwe koningin. Die bye die agter bly in die
nes begin ‘n nuwe volk met ongeveer tien eiers. Na dertien dae word die eerste uit bebroeide By
die koningin. Die ander daarna word vernietig om te keer dat hulle onmin saai tussen die volk. Sy
pronk rond en maak selfs ‘n geluid…Tu—tu—uuu om aan te kondig dat sy daar is om te regeer en
die septer te swaai.
Tilda wonder of die Afrikaners net so ʼn sterk gedissiplineerde volk is soos die bye indien daar
oorlog uitbreek.
Tilda beskik oor hierdie kennis en as haar Vader gaan veg moet sy voort gaan met die versorging
van die honderde heuning neste bo-op die plato tussen die Protea en Waboom, Knorra, en taaibosse.
Ook die neste in die grot. Haar oom Kobus boer onder langs die rivier. Hy is net bereikbaar met
die voetpad langs die byneste in die oorhangende krans. Hy boer met Tabak en het ook geen
gevoel vir die bye nie sy sal die Imker wees as haar Vader vertrek. Soos met haar Vader sal die
hoofbron van inkomste uit heuning in haar hande wees.
Die brief het sy klaar geskryf môre sal sy dit uittik en aan Mnr. Mc Gie oorhandig. Sy skakel die
lig uit dan slaap sy vir die eerste keer heel rustig Haar besluit is gemaak.
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.