Poort van die heuningbyre – Hoofstuk 3
Poort van die heuning bye (3)
Tilda se nag is lank, sy kan nie tot slaap kom nie, steeds rol sy rond, die gedagtes van die Goud toeloop en Cecil John Rhodes se beheer oor die myne sowel as mynwerkers draai in haar hoof soos ‘n grammofoon plaat wat langsaam stadiger afloop.
Sy is heel vroeg uit die vere, en gaan na die eetkamer benede, die Geskiedenis Dosent is reeds aan tafel, sy groet vriendelik.
“ek het sleg geslaap u verhaal het my gedagtes steeds beset, ek sien daarna uit om vanaand die verdere gedeelte aan te hoor”
“Dit is goed Tilda, ek vind dit ‘n plesier om geskiedenis te deel met iemand die belangstel daarin.”
Die kantoor praatjies dring nie deur tot Tilda nie, sy hoor die redenasies aan in die teekamer, sal Kruger aanval, of nie, sowel dat die boere binne een dag verslaan gaan word. Haar dag se taak op kantoor is afgehandel en sy haas haarself na die losieshuis, ongeduldig wag sy vir die aanbreek van die aandete.
Die ete word bedien, en Tilda maak haar reg vir die Dosent om die verhaal verder te neem.
Hy begin, “Rhodes word premier van die Kaap kolonie 1880, nou is hy die Groot Meneer, en sal Kruger se lewe begin moeilik maak, om sy ideaal te verwesenlik.”
Tilda luister aandagtig, sy sien hoe dat hy sy ete verdeel in porsies van dieselfde soort by mekaar, ‘n ete volgens organisasie, geen wonder hy is nie getroud nie, want ‘n huweliksmaat sal hierdie wyse van ete nie elke dag kan aanskou nie.
“Tilda om die Jameson inval te verstaan, moet Kruger die man eers geanaliseer word, wie was hy as persoon ?”
Sy kyk hom direk aan “Dit het geen idee van nie, ‘n man met ‘n baard en lang jas?”
“Hy was gebore in die Colesberg Distrik op ‘n plaas met die naam “Vaalbank”|
Hy eet weer ‘n porsie van sy opgedeelde ete, en gaan verder.
…Stephanus, Johannes, Paulus Kruger
Gebore op die tiende dag van die tiende maand 1825|, sy groot ouers was Duitse Sendelinge afkomstig uit Uckermark, ten noorde van Berlyn, Duitsland, hulle arriveer in Kaapstad 1813, die Christelike opvoeding word ook oorgedra aan sy ouers, en hyself het altyd sy Bybel by hom gedra, en sy lewenswyse was geskoei op Bybelse beginsels”
“Kon hy Duits praat? “
“Tilda daarvan is ek nie seker nie, hy het weinige skool opleiding gehad, en Tielman Roos het hom eindelik mondelings geskool tot die Politieke hoogtes.
Hy was ‘n egte plaas kind, kaalvoet en kon skiet voordat sy melktande uit was. Hy maak die groot trek mee met die Potgieter gesin, en deel die harde lewe met sy familie, op sewentien jarige ouderdom tree hy in die huwelik, met Maria Du Plessis, sy bruid was sestien jaar oud, maar die huwelik was vol hartseer, sy sterf tesame met haar baba aan koors.”
“Ag, hoe vreeslik, was dit ʼn dogtertjie of seuntjie gewees?”
“Die kind was ʼn seuntjie, ses jaar later in 1847 trou hy met Gezina Du Plessis, en die huwelik was gesëen met sewe dogters en nege seuns,”
“Dit is vreeslik, soveel kinders, sy vrou moes sterk gewees het, om geboorte te skenk aan soveel kinders!”
“Ja dit is sekerlik ʼn besige huishouding, Gezina versorg die huishouding en bemoei haar nie met Kruger se politieke lewe nie, sy respekteer haar man, en is altyd op die agtergrond.”
Die tafelbediende sit die poeding neer voor hulle, ‘n bakkie vol veelkleurige jellie met vla.
“Kruger was vir niks bang nie, hy was roekeloos onverskrokke wanneer die noodlot roep, soos met die oorlog teen Makapan 1854, deel van die Tswana stam, Kommandant Generaal Potgieter, het die
aanval geloods en word gedood op die slagveld, niemand durf die lyk weghaal nie, teen alle waarskuwings gaan Kruger na binne, sonder ‘n insident en bring Potgieter se lyk terug.”
Die koffie word geskink, en die bediendes neem die leë borde terug na die Kombuis, die Dosent skuif hom self reg in die stoel om met sy storie voor te gaan, vir die liefde van die daaglikse gebeure van die tyd, vryf hy sy hande en vingers, uit puur genot van vertel.
“Die wyse waarop Kruger hom insit vir die Afrikaners se lewe, word die beloning om as waarnemende Kommandant Generaal aangestel te word in 1858.’”
Die staatsgesag onder President Burgers in 1860, benodig dringende herstel, dit was net voor die anneksasie van Transvaal deur Engeland. Kruger speel hier in ‘n groot rol, twee keer lei hy ‘n afvaardiging na Engeland, om die anneksasie ongeldig te maak, in die hoedanigheid as die Visie President van die Transvaal Regering “
Hy steek sy hand op en wink die tafel bediende nader “Mag ons nog ‘n koppie koffie kry miskien?
“Sekerlik Meneer”, hy skep die suiker uit die suikerpot, en laat dit uit ‘n hoogte van bo in die koppie val, terwyl Tilda gefassineerd toekyk.
”Vier Presidente verkiesings vind plaas gedurende die jare 1888, 1893,1898, en Kruger word verkies as die President van Suid-Afrika.”, die mite dat hy ongeletterd was, of nie beskik oor kennis van die Engelse Taal nie, word teenstrydig gesien teenoor die afvaardigings die hy na Engeland moes lei”
Kruger probeer om die onafhanklikheid van die Transvaalse Republiek te handhaaf, soos voor die anneksasie, in 1884 met die Konvensie van Londen, dring die Britte daarop aan vir die behoud van die Veto Reg, ‘n moeilike eis vir Kruger, want Engeland staan daarop om verdrae te sluit met buitelandse moontlikhede, en weier om daarvan af te sien, die Veto is ‘n groot doring in die vlees van Kruger, maar vir Rhodes ‘n lekkerny”
Hy roep weereens en vra vir nog ‘n koppie koffie, Tilda neem geen koffie meer nie, want as sy al die data van die aand moet verwerk sowel as drie koppies koffie, dan bly sy ‘n week wakker. Hy gooi weereens die suiker van ‘n hoogte in die koffie, dan roer hy met die klinkende klank van die teelepel onder in die suiker moeras.
“Tilda, hier moet ek nou die verhaal van Jameson in skakel, om die finale spyker in die doodskis van Kruger te slaan”
“Ek wag in spanning, gaan voort”
“Hierdie Engelsman, met sy deftige tweed pak klere, bol hoed en sambreel was nie net ‘n gewone Britse Burger nie, hy was ‘n Sir! ‘n Politikus van die tyd, en ‘n besigheid ondernemer.
Op 9 Februarie 1853 word Leander Starr Jameson gebore in Edinburgh Skotland, hy was ook ‘n gekwalifiseerde Dokter en werk as medikus vanaf 1878 tot 1887, miskien was die pasiënte te arm om hom ryk te maak, want 1893 aanvaar hy die posisie as Administrateur van Matebeleland, spoedig kraai hy groot haan hier op die Afrikaanse mishoop, met al die fortuin soekers, en word verkose tot die Kaapse Parlement in 1900, dit was om die koek finaal met die kersies te dekoreer, en tot Kruger se ontsteltenis, word Jameson die Premier van die Kaapkolonie, in 1904, vir die volgende vier jaar tot 1908.
“Jameson is nou ‘n sterk teenstander, en word ook Direkteur van De Beers Maatskappy, en ‘n aktiewe lid tot die stigting van die Unie van Suid-Afrika.”
‘
Die koffie is klaar, hy staan langsaam op uit die stoel, “Tilda vir vanaand eindig ons dan hier met Jameson, moreaand gaan ons verder, want ek moet my voor bereiding vir my lesse gaan doen, anders weet jy straks meer as my studente.
“Baie dankie, en Lekker slaap” roep Tilda hom toe as hy weg stap.
Word vervolg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.