ROOFDIER – OPDRAG 4
ROOFDIER
silwer rond vierkantig bont
sluipend kruip die dier
vrolik (soos vaandels) wink versoekings
koop liefde, koop geluk, koop ‘n droom!
sluipend kruip die dier
skuifel-skuifel tot in jou sak, tot in jou bloed
tot jy verskrik in sy grypend greep verstrik
tot jy met elke asemteug in skuld verstik
© – Barbara Smit 02/08/2018
3 Kommentare
-

Loretta Szikra
Jip, die euwel der euwels en tog kan ons nie daarsonder nie. Baie goed gedoen Barbara😊
-

Elroux
Goed gedoen Barbara.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie