Sandsketse(silwer)
l
y
n
in die sand
hy skugter nie;
stok in h
a
n
d
verweef hy met sy sporadiese
omwenteling
in duine wat brand,
lyne in die s
a
n
doelgerig-
teken ek vir jou Van Gogh
se helderblou strepies son
©Morné du Preez.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek