Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Swendel in die grendel

Deur Marianne
Datum gepubliseer: 19 Mei 2021 Aantal woorde: 115 183 Kere gelees 4

Weektema

Swendel in grendel

in die grendel word geswendel
miljoene verdwyn in broeksakke
ingeperktes aanskou stom geskok
stilswyes duur en sekuur gekoop

ongeregtigheid word oral gepleeg
in jul stormloop ly brose swakkes
kinders met starende honger oë
jy ry die duurste motor op die mark

sakke word voller en lywe ronder
onreg gepleeg sonder blik of bloos
armes verder verdruk en verontreg
jy skitter in jou nuwe pak/boetiekrok

onreg word hulpeloos aanskou
gevoelloos empatieloos self verryk
monde met omkoopgeld gesnoer
skrikbewind bly jul steeds voer

regverdiges wonder hoe lank nog?
uitkoms moet daar iewers kom
ek lees die woorde oor en oor
“Wees stil en weet, Ek is God …”

©Marianne Buys
19 Mei 2021 05:36
Foto PADLANGS




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    19 Mei 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 19
Kommentaar telling: 0

Is gebore en getoë in Alberton, Gauteng. Dit is nog steeds my tuisdorp. Stel reeds van 'n jong ouderdom af belang in die skryf - en digkuns. Ek het vanaf April 2020 meer op digkuns begin fokus en is lid van verskeie diggroepe.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 106 gaste aanlyn

Bydraes – Argief