
SKARLAKENVROU VAN MAGDALA
SKARLAKENVROU VAN MAGDALA
Ook in Magdala het die donker nag met sy gitswart manel en wilde passie dwarsdeur die ruim geskeur. Skaars hoorbaar; die rou monoloog van ‘n Man se voetstappe gyselaar gehou…. toe het Hy verdwyn iewerster in die doodstil strate van Magdala.
Maar. Meneer is nie eers Huistoe nie. Hy het aanhou loop. Afgedraai in ‘n nou systraatjie. Sonder klop of wag dwarsdeur die deur geloop. Is, Hy kan eers! Honor bright, oordat Meneer dit heel-heel eerste uitgedink het en oordat Hy die Allegemagtige Hemele God én Pappa gewas het. Honor bright, Hy was eers my Hero se eie, persoonlike Pappa.
{Jy weet, ek het nou die dag gewonder wat die mense, veral die kerkfarisieër-mense sou gesê het as hulle die Vreemde Man voor Maria Magdalena se deur moes gesien het? ‘I got up to wash my face’ en die laaste stuk klapperkruit in my bokleed se sak; ‘when I got back someone’s taken my place’ ….. Wonder of sou hulle haar enigsins die voordeel van die twyfel gegee het! Maar; maar dan sou die bidtyd tog so-so voorspelbaar gewees het: ‘She stripped away her ranchid poncho and (belowe jou!) laid out naked by the door’}
Meneer het die trappies sommer drie-drie opgeklim tot bo-op die dak. Waar die slegtegemors sondarestannie gestaan het – daai tyd se dakke was eers anderster as vandag se huise sinne; is! ‘Catch a falling star and put it in your pocket’, maar die sterre het eers swart as gehuil – ‘save it for a rainy day’ en die sterretjies se lagbekkie flikker-flonker het haar net nog meer en meer en meer laat huil….. ‘Before the next teardrop falls’ ……
Meneer het langs haar gestaan. Van kwaad gehuil. Van eina binne-in Sy hart gehuil. En die kwaad en die eina het soos ‘n bliksemswaard uit Hom geskiet. Deur die gitswart skanse geskeur ; soos Sy Kind se rou kreet (Eli, Eli, lama sabachthani?) en in die smerige dieptes van Nagmêrrieland se koningsetel het die duiwel van sy grieselrige troon afgepletter! Van kranksinnige pyn soos ‘n rolbos in ‘n mal wind omgetol. Omgetol. Om. Getol. Geskreeu! Harder geskreeu.
Seerder gekry as wat ‘n ander dogtertjie eendag lank-lank gelede op ‘n ander plek as Magdala gekry het. Hamer-spyker-hamer-spyker; die pyn toe die spykers deur die Bloed daai Houtkruis kraak…. Hamer. Spyker-hamer. Spyker. Die swaar houtbed het gekraak. Toe. Die harde, dik spyker deur die bloed daai klein piepiegaatjie grootter skeur….. en die pyn; die helse verskriklike eina!
Liewe Jesus, tog….. dit was so bliksems eina; party partykere kan ek dit nou nog in my gees se lyf voel! Daai waansinnige , helse eina…. Die nog maller vrees. Jy kan dít nog voel. Ander partykere se soms. Mens kan vergeet en jy kan vergewe; maar mens kan die waansin nie altyd ophou voel nie – my ekke se ander ekke.
En die draak.
Spykerman wat behaaglik ‘n hond uit ‘n bos uit tussen twee wawydoop beentjies gejol het. Wat gemaak het of…….’Soldiers and sailors and candlestickmakers’; asof hy jou lyfie wou los. Net om weer dieper in te kruip in daai stukkende bloedgatjie wat nou net so rooi soos hy gewas het….. En daai nag het die sielsiek bliksem (skuus, Hero)eers harder geskreeu – ja, nes ‘n blêrrie bangbroek sissie. En seerder gekry as wat daai slegtegemors sondarestannie in haar hele lewe gekry het. As wat enige afskuwelike hoer in haar ganse bestaan het……. ‘I moved like Harlo in Monte Carlo an showed them what I’ve got.
I’ve been undressed by kings and see some things a woman aint suppose to see’….. En deur die huileina en al die klomp nagmêrriegoeters het Maria Magdalena (MaryM, soos wat sy grootweesjare later in my hartsverwysing geword het) na die Ligter donker langs haar gekyk. Boontoe. Rondomtalie. Weer ‘n keer langs haar. Met haar besmette hande versigtig geraak aan die nag langs haar wat skielike anderster geword het.
Nog nooit-ooit, nimmerimmer in haar hele lewe het sy soveel troos, veiligheid; soveel warmte en liefnes naby haar gevoel nie. Binnekant binne-in haar binneste gevoel nie. Sy het gedink dis die mirre wat sy gebruik het om die eina beterder te maak. (Jis jy weet ook honor bright eers niks nie – mirre is soos vandag se disprins) Daai kroekouens het Liewe Jesus ook mirre gegee vir Sy eina toe hulle Hom aan ‘n stuk simpel Hout vasgehamer-spyker het….. ‘We are just surrealist pilgrims, melting clocks.
In marble halls’. Maria Magdalena het gedink dis sy self wat omgedraai het en teruggeloop het na haar kamer toe. Maar dit was nie eers syself nie. Dit was Meneer. Hy het haar baie saggies gedra. Versigtig. Soos wat Hy Sy eie, persoonlike Kind na Sy bedjie toe gedra het. Honor bright, Meneer het eers – Ek het jou lief, jy is My kind; teerhartig. Sommer.
Sommer oordat sommer.
Meneer het haar op die bed neergelê. Liefderik; Pappabang Hy maak haar dalk per ongeluk verder seer. Oordat ‘n ander regte duiwelse seuntjie-oom haar byna ampertjies morsdoodvrek geklap het. Dis oor grootmensegoeters wat kinders eers nie mag geweet het nie. Behalwe as die simpel duiwel van sy kroeptjommies dare om daai grootmensgoeters by kinders te kom split……. Na ‘n week of wat ken die donkie ook die pad. Gekaart na die Hel.
Draf.
Draf. Draf donkie. Donkie draf; maar Meneer het haar styf en warm toegemaak. Op elke slaperige oog ‘n soentjie gedêps en haar sondareshand met sovel deernis vasgehou, die engele het gehuil. Rêrige-êrige huiltrane. Meneer se ander hand het vreeslikbaie sagkuns oor haar mooi hare gestreel. Liggies geraak oor die rooi en blou eina se barbaarse getuienis.
‘Only crying’ en Meneer se huil het druppeltjies gedans op die vingermerke van blou en rooi; ‘a simple sad emotion’ – Meneer se huil se tranedruppels het soos Betesda se engelwater deur haar eina, misbruikte lyf gespoel. Dwarsdeur…… ‘Just a teardrop in the ocean’. Gesondmaaktrane dwarsdeur die handbreetes van haar lyf.
En toe.
Toe buig Meneer se lyf ampertjies helemal bo-oor hare; is! Sy gesig ‘n entjie amper teen hare. Sy mond digby hare (wat ‘n verskriklike, Godlasterlike skande! Wat sal dit mense sê?!…… ‘Stenig die Vervloekte! Stenig die hoer – verbrand haar walglike lyf buitekant die stadspoorte!’. ‘n lekkerslaap, My meisiekind se Pappasoentjie op die lippe van Magdala se afstootlike slet.
Sy mond geheimvertel naby haar oor. Saggiespraat, oordat dit is hoe geheimgoeters werk…… ‘Oh, mein Papa’; in haar droomverlore, rustige slaap het Maria Magdalena geroer met die weerlose lyfie van ‘n klein dogtertjiekind, Haar hoereer-arms om Sy nek gekring en Hom bitterlik styf vasgeklou. En haar gesig klielie-teen Sy baard. Net vir ‘n bietjie se oomblik se tyd het Meneer ophou praat. Sommer. Oordat Hy eers aspris die klompe spoeg van daai tweegat jakkals kerkfarisieër-oom (wat vanoggend met soveel eiegeregtige walging op hierdie Skarlakenvrou van Magdala gespoeg het) deur Sy eie, persoonlike baard voel koek het. ‘n Laster wat die weersin tot binne-in Sy siel gekerf het. Maar….. Die Bruidegom het die beste wyn vir laaste uitgehou. Hy maak die water sielewyn – Maria Magdalena; Skarlakenvrou van Magdala.
En Hy hou dit uit na jou; nog net ‘n rukkie. ‘n Streepsak en ‘n half vol van sontrale en maanlig se stralekransvleg met die ondeunde sterretjies se skitter lyfies; en dan. Dan sou Sy Seunskind grootgenoeg gewas het om van haar ‘n regte-egte Sprokiesprinses te maak. ‘Volg my my beminde….. ‘n Houtkruis tussen sterre. Op My witperd onder die melkweg’. Sy spierewit, forse Arabierse reisiesperd. Vir ewig.
En vir altyd se ewig sou Hy daai groot eina uit haar hart dêps. Die seer en die vervloeking in tydloosheid laat wegverloor. Honor bright, Hy sou eers. Op Sy voete sal sy dans. Veloste van God. Dwarsdeur haar lewe sal Sy liefdeskreet aanhou roep. Aanhou eggo deur die lewens van vroue deur die eeue – die woorde in Bloed geskryf teen die deurkosyn van vrouweesgemaak: WOMAN THOU ART LOOSED. FROM THE PRAYERROOM TO THE BEDROOM A LOOSED WOMAN WILL BE FREE….. DOGTER VAN EL SHADDAI.
‘n Wyle – just an eternity awhile – het Meneer haar nog styf teen Hom vasgekoester. ‘n Mooi Sprokie se Saad in haar hart verwek. Stilletjies (sjuut, dít was eers ‘n geheim) laat groei….. Toe het Hy opgestaan en weer wegverdwyn in die stil slaapstrate.
Weer ‘n keer het Meneer nie teruggegaan na Sy Hemelhuis nie. Hy het deur baie teerstrate geloop. Jokmond, jokmond – daai tyd was daar nie eers teerstrate gewas nie; maar dit was rêrige-êrige strate al was hulle nie geteerde strate nie….. Dit was ‘n bly, mooi nag. Meneer het op gekyk. Boontoe Na die GROOTOOP DEUR van Sy eie, persoonlike Huis. Aspris die maan raakgesien en baie breed geglimlag. Ten spyte van die grimmigheid wat koggelend vir Hom die bestemde pad aanwys; en ‘n hele paar valsterretjies se flikker-flonker stralelig gevang. Dit in ‘n stukkie van Sy hart toegebind en vir ‘n Sho’t Leftengeltjie gegee. En by ‘n laaste systraatjie ingedraai.
Meneer se voete het aanhou loop, maar Sy hart het ‘n bietjie se tyd op ‘n ander plek gaan stilstaan….. Nog half slaperig het sy omgedraai; en na die maan gekyk. Gekyk. Bly kyk. Iets, Iemand het die wonder van ‘n ou vergane Sprokie in haar gees kom skryf. Waarmaker dinge vir anderdag se eendag om die draai….. ‘Vanaand se sekelmaan is net vir jou’, die maan het knipoog teruggekyk. Galant ‘n buiging gemaak – ‘mag hy dans tot in jou hart en sy arms om jou vou’ en Maria Magdalena se hele hart het laggend teruggebuig.
‘Want as hy kon praat sou hy eenvoudig sê hoe diep My liefde hierbinne vir jou lê’; sy hand geneem en gedans en ‘mensekind Ek weet jou hart is broos. Want die twyfel trek jou skeef en jy’s leeg en moedeloos’ – trane wat haar oë soos deur ‘n sluier na die sekelmaan laat kyk. ‘Maar as jy My oë vir ‘n oomblik sou leen. Sou jy ‘n bruid sien, in wit geklee’; die huil wat opdam in die kuiltjies toe Maria Magdalena – Skarlakenvrou van Magdala – glimlag.
…… en op ‘n houttafeltjie naby die venster trek ‘n Sho’t Leftengeltjie vir die duiwel die lelikste skewebek in menseheugenis. Aikôna, hy’t nie gehonor bright nie! Toe, ondeund dans sy vingertjies ‘n groet aan die maan. ‘Is daar water in die see?’ ……. ê, Meneer het hom gesien. Maar om die een of ander rede het Hy gemaak asof hulle Blindemol speel en Hy was aan.
‘Kan ‘n swaeltjie vlieg?
Skyn die maan hog daar bo’? Meneer het voor die toe deur gestaan. Sonder om te klop. Sonder om in te loop. Net voor die bottoe deur bly staan. …… Oordat Meneer goeter as goed geweet het Hy is nie welkom nie! Behalwe vir kamma-kamma wanneer die mense koekeloer of per ongeluk ietsie verkeerds gedoen het….. Maar dis nie eintlik hoe faikonta honor bright werk nie.
‘n Traan het binne-in Sy Hart geval; een enkele hartverskeurende traan…. En toe is Hy terug na Sy Huis toe.
Steeds die donker nag se ongetemde hartstog wat in swart manel en ster-nuanse die stil strate van Magdala beken.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou dag beeldskoon wees; en mag jy ook vandag Sy mooi nabywees ervaar.
©Liza Daniells
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Boetiegoed
Liza, hierdie is so rou en diep sad! Geen mens wat ook deur hierdie hel gegaan het sal ooit begryp wat se impak dit op ‘n kind het nie. Ek sukkel vandag nog met verwerping, maar het nie naastenby die fisiese en psigiese pyn ervaar wat jy moes ervaar het nie, maar die vernedering het ek wel ervaar. Geen ouer of volwassene besef wat hy of sy aan ‘n onskuldige kind doen in ‘n oomblik, of oomblikke van eenvoudige selfsugtige waansin om daardie kind te verkrag of te molesteer of te sodomiseer nie. Geen sielkundige kan help om die daad of dade beter te maak nie, vra my ek weet!