AFRIKANERS IS PLESIERIG
AFRIKANERS IS PLESIERIG
SOKKIEJOL
In die ver verlate vlaktes lê die Waterberge nog so blou in die ou Transvaal. Daar woon die 21-jarige boeremeisie saam met haar ouers op die bosveldplaas. Die plaas lê tussen diWaterberge langs die groot Nylrivier.
Leenkie is op haar gelukkigste in die skuur saam met haar mooi perde in die perdestalle waar sy die perde kan roskam. Vandag besluit sy om weer vir ‘n slag te gaan perdry. Sy haal dadelik die saal van die rak af en . saal hom op.
Leenkie klim op die perd se rug en ry deur die bosveld tussen die groen doringbome. In die bloedige hitte van die heerlike warm son, galop haar perd rustig in die wit sand op die grondpad. Die voëltjies tjirp-tjirp in die doringbome en die sonbesies sing oor en weer vir mekaar. Hulle sing ‘n Bosveldlied vir mekaar en dit bring die verlange weer terug na iemand na wie sy verlang. Haar gedagtes dwaal baie ver terug terwyl sy die natuur geniet.
Leenkie se bruingebrande lyf lyk so pragtig in die sonskyn in haar knap perdrypakkie. Terwyl sy so ry, besluit sy ewe skielik, sy wil eerder vandag ‘n bietjie rivier toe gaan vir ‘n verandering. .
Die geur van die gras en doringbome waai onder haar neus verby en veldblomme ruik te lekker.
Leenkie se mooi, lang bos bruin hare, wip op en af oor haar rug soos sy galop op haar perd se rug en haar gedagtes dwaal baie ver as sy droom van haar ridder op ‘n wit perd.
By die rivier aangekom klim sy af, en sorg eers dat haar perd water drink om sy dors te les. Sy neem eers haar perd langs die kant van die rivier se wal om te drink. Sy buk toe af en gaan op haar knieë om haar gesig af te was in die koel rivierwater en drink ook sommer dieselfde tyd water. Hulle het baie ver gery want die rivier lê heel onder aan die einde van hulle Bosveldplaas tussen die blou Waterberge.
Toe sy weer opstaan, gewaar sy in die verte ‘n jong ruiter aangery kom en sy besef dis ‘n man wat naderkom op pad na haar toe. Haar oë kan nie glowat sy sien nie “ Toe hy nader beweeg sien sy dis ñ aantreklike volwasse man in sy twintiger jare.
Leenkie se hart klop in haar keel,.
Die jong man kom tot stilstand, stop reg voor haar en klim rustig van sy perd af om haar te kom groet.
“Môre, Juffrou, my naam is Deon,” sê hy.
Leenkie groet,” Goeiemôre, ek is Leenkie. Aangename kennis,” antwoord sy uitasem
“Van waar is jy, Leentjie?” wil Deon weet.
“Ek woon net hier bo teen die berge op Kromdraai wat aan ons plaas grens aan die rivier, antwoord Lienkie
“ Ek woon saam met my ouers op die grond wat direk aan julle plaas grens net langsaan.”vertel hy.
“Wel, aangename kennis, Deon, klink vir my ons is bure,” gesels Lienkie verder.
“Ek is bly ek het jou raakgeloop,” sê Deon tevrede.
“Ek het ‘n piekniekmandjie gebring om tee et, wil jy saam eet?” wil sy weet.
“ Dit klink lekker,” glimlag Deon.
Hulle gaan sit direk langs mekaar op die gras en kyk na die rustige rivierwater.
Deon besef dadelik die boeremeisie het sy hart gesteel en hy is dol verlief op haar. Hy besluit net daar om sy arms om haar te sit en haar vas te hou.
Leenkiebesef ook dat sy ook dieselfde voel oor hom. Haar hart klop vinniger as hy haar styf vashou met sy arms om haar klein lyfie. Sy weet presies, op daai oomblik, dit is nog altyd waarna sy gehunker het en die man waaroor sy nog altyd gedroom het.
Deon het ook besef en dadelik geweet dat Leenkie sy vroutjie gaan word want sy het sy voete onder hom uitgeslaan. Dit is beslis die vroutjie wat hy wil hê en waarmee hy ‘n toekoms wil bou.
Hy trek haar nader en soen haar hartstogtelik met ‘n passievolle liefde. Hulle altwee kyk baie diep in mekaar se oë en weet dat hulle vir mekaar bedoel is en mekaar innig liefhet.
“? ”Sal jy my ‘n kans gee om jou beter te leer ken?” vra Deon skielik.
Sy antwoord sommer dadelik.” Natuurlik! Dit sal my grootste eer wees om deel te wees van jou lewe.”
Die son begin nou vinnig sak, en albei besef hulle moet afskeid neem en huiswaarts keer. Hulle druk mekaar styf vas, vir daai laaste tydjie saam, en soen mekaar om te groet totdat hulle mekaar weer gaan sien.
Beide klim op hulle perde se rûe en galop weg op om huis toe te gaan. Hulle waai vir mekaar, totdat hulle mekaar nie meer tussen die bome kan sien nie.
. Daardie aand gaan slaap Leenkie en Deon al twee vroeg sodat hulle die mooi kan vaspen in hulle eerste ontmoeting. Hulle sal dit altyd hierdie spesiale dag in hulle lewens onthou.
Leenkie het nooit gedink, in haar wildste drome, dat dit vandag met haar sou gebeur het nie.
Deon bel vroeg die volgende oggend om vir Leenkie saam te nooi om saam met hom te gaan na die Stadsaal in didorp se sokkie toe.
. Leenkie is versot op langarm-sokkie dans en stem dadelik in om saam te gaan.
Sy hardloop dadelik na haar hangkas toe om te kyk watter rok sal sy aantrek vir hierdie spesiale geleentheid. Later die middag begin sy klaarmaak vir die spog- geleentheid.
Sy kies haar bloedrooi aandrok om aan te trek vir die dans met haar rooi hakskoene. Sy kam haar mooi bos bruin hare en krul dit in mooi groot lokke wat afhang op haar skouers. Sy sit ligte grimmering aan om by haar aserowende uitrusting te pas,sit goue oorbelle aan met diamantjies in ‘n hartjie vorm wat afhang. Sy lyk soos ñ regte prinses wat kom ui ‘n sprokiesverhaal.
Deon daag by haar ouerhuis op om Leenkie te kom haal. Hy stap voordeur toe en druk die knoppie van die deurklokkie. Daar staan Leenkie se Pa, Oom Koos en hy stel himself voor aan hom Pa.
Deon sê “ Goeienaand, Oom Koos. Ek is Deon Burger. Bly te kenne!”
Toe Deon oor sy skouers kyk, kom Leenkie met die trappe af en hy snak na asem , liggaam bewe van die opgewondenheid.
Leenkie lyk soos ‘n Feeprinses in die bloedrooi aandrok as sy die trappe afkom. Haar
Pa sê,”Myy kind jy moet die aand geniet.”
Haar Pa loer so effens vir Deon en sê met ‘n sterk diplomatiese stem vir hom.
“ Jy moet baie mooi na my dogter kyk en haar asseblief veilig huis toe bring in een stuk.
Deon glimlag vriendelik, “Goed Oom Koos, ek belowe sy sal veilig terugbesorg word” . Hy vat haar hand en stap met die paadjie af om in te klim om dorp toe te ry.
Deon sê,” Sjoe! jy lyk beeldskoon vanaand, jy is die mooiste meisie in die hele dorp.”
Die Opskopdans word by die Stadsaal gehou op die dorp met ‘n spitbraai, boerewors en pap met Afrikanergeregte voorgesit. Al die braaiers is al besig om die vleis te braai.
Almal drink heerlike moerkoffie en eet lekker koeksisters. Hierdie dans word net eenmaal per jaar gehou op die dorp.
Leenkie voel goed vanaad, sy is die gelukkigste meisie vanaand. Sy lyk asemrowend mooi in haar rooi rok.
Deon vra Leenkie om te dans terwyl die boeremusiek speel .
Sy oë is net op haar gerig, en hy sê:” Jy is die mooiste prinses op hierdie dansvloer. Jy laat my hart weer roer ek wag al jare vir iemand soos jy.”
Haar heerlike parfuum laat sy hart vining klop en maak iets in hom wakker maak wat geen vrou kon regkry nie.
Prins en Prinses sweef oor die dansvloer die oomblik is oneindig groot en hy druk haar vas teen sy bors en soen haar sag op haar lippe.
Deon vra sommer net daar op die dansvloer.”Leenkie sal jy met my Trou?”
Leenkie is so opgewonde en kan nie glo wat sy hoor nie. Sy word bloedrooi van skaamte en kyk verleë na hom.
” Ja. natuurlik sal ek met jou trou. Jy maak my die gelukkigste vrou op hierdie aarde. Ek wil my hele lewe met jou deel.”
Deon druk haar en sê: “Baie dankie my liefling ek is so gelukkig saam met jou. Ek het my droomvrou gevind. My lewensmaat .
Deon soen haar en sê: “ Dankie my droomvrou, jy behoort net aan my vir altyd en ewig. Ons liefde is vir altyd saamgebind,”
@Eleen van Deventer Vorster
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek