skep
skep terwyl dit pap reën
gee van jouself terwyl jy nog kan ween
om te kan ontvang is soms moeiliker as om te gee
gee, gee en gee is die wagwoord vandag
so jammer, so baie mense het nie meer vertroue
in hulself of hul medemens om net te kan gee nie
in hulle lewens word alles – tot hul eie lewensnorme
net opgegaar totdat dit verkrummel in eensame eenvoud
om te sê wie en wat jy is
dit is baie ver van mode vandag
mense sluit hul huise en deure dig toe
selfs die deure van hul harte, met hul eie smarte
niemand neem hul kwalik daarvoor nie
want die wêreld kan nie vertrou word nie
in my utopiese uitvlug skyn die son
sonstrale wat weereens die mensewêreld
sal verlig met lig en waarheid wat vertrou kan word
‘n wêreld waar mense mekaar koester en liefhet
sonder voorbehoud of inhiberende reels
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.