Gebreekte glas
Splinters en stukkies glas gestrooi op die grond
Donderweer het stukkend geslaan wat eens heilig was
Skerp punte, skerp kante na bo
Oorblyfsels van vasgelymde gekleurde glas
Punte wat sny, brokkies herinneringe
Verweerde illusie van meesterkuns
Gebroke prent gestrooi oraloor
Maagd Maria was ook net mens
Flenters skuil tussen groewe
Wat is, wat was, voel ver verwyderd
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.