Jongste aktiwiteit:

Naggesprek

As die nag sy donker
oor die aarde boggel,
staan ek stom, sonder
woorde, my siel uitgerafel
in stil gebed, die prewels
van my hartsversugting –
om te skuil onder U vleuels;
te staan in U sterk vesting.

Gewer van die stil sterrenag,
vul die holtes van my siel
met U vrede, met U krag;
voor U wil ek kniel
in lof en aanbidding;
diep bewus
van U grootheid in skepping –
wetend, by U kan ek rus.

© CJ Laing – 14/04/2019
© Foto – sarahstup.com




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed