Smeking
Eers was U lig oral teenwoordig
Toe neem die dónker oor, ewige dood
In sy wese, openbaring van die wig
Wat hartseer bring in my leë skoot
‘n Lig het weer gekom, vae winterskleur
Oorheersend in sy skamele weerkaatsing
Net soos my soeke na U o Heer
Ek smeek U, verwyder wat intens indring
In my denke, hoop, bede
My wesenlike strewe om in áls
Ewig náder aan U te kan beweeg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.