Temalied –Coïtus Interuptus
(Schindler’s list
Dr Zhivago
Katriena
The Sound of Music
Titanic)
(Nader my God aan U steeds nader by)
(Viool, cello, trompet, harp, sieter)
het jy al óóit na die opera van my siel geluister
ewig roepend, beskrywend, verduidelik
na my smekinge dat jy tog sal hoor hoe
ek van alt tot deskant in wisseltone
my hande uitreik wyd en hoog
getooi in dramatiese kleur en kledingstukke
sy en satyn, fyn verweef, so ook saamgesmelt
meubelstukke ewe gedrapeer
het ek só vir jou geword, net nóg iets
om in gemak op neer te plons, pinkie in die lug
uit fyn china komkommer broodjies te verslind
oor koeitjies en kalfies, ditjies en datjies
tyd te verwyl – vertoonde oordentlikheid
dan gaan jy weer, net nóg ‘n konsert, nee opera
jy wat behendig jou staf rondswaai en ek weer sing
rou woorde oor verlies, wraak en woede
die maestro is ook die skrywer
wat my woorde omvorm in smart en roeping
narsistiese genot vind wanneer my liggaam
in smart die opera volmaak afrond
en, wanneer die gordyne sak, alleen terugkeer
na ‘n leë aantrekkamer, met rooi rose
wat ewig vir my lag
labri©
https://youtu.be/BjnnUCmNREI barokmusiek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.