Jongste aktiwiteit:

Ek sal enige iets vir jou doen

Ek sal die hoogste berg klim vir jou
en vir altyd in my arms toevou
ek sal selfs deur die sewe seë swem
want die eerste keer toe ek jou sien, het jy my hart gewen
jy het op ‘n herfs middag soos ‘n wildo tornado in my hart in gewaai
en my lewe onderste bo kom draai.

Jy word nou vinnig groot en is al tien
en ek wens jy kan jouself deur my oë sien
jy is perfek geskape in elke opsig
daarom skryf ek vir jou die gedig.

Jy eet nie sticky steak
en sal ‘n groen ertjie ‘n myl ver in jou bord bekyk
jy hou ook nie van ‘n sloppy eier
en sal dit sê sonder om te huiwer.

Jy sal graag vir my briefies skryf
en vir my nuwe games op jou xbox wys
jy hou daarvan as ek saam met jou lego bou
en as ons papier vliegtuie vou.

Ek sal enige iets vir jou doen
en is so bevoorreg om jou my seun te kan noem
ek het so lank vir jou gewag en gebid
toe seën God my met jou, my liefste kind …

MC Marx (C)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed