Jongste aktiwiteit:

Soek my in elke reënboog (Brons)

(Opgedra aan Naudé)

 

Dis tyd vir my om nou te groet

vir hierdie aardse bestaan

wat soveel mooi en pyn inhou

dit was ‘n wyle myne gewees

maar …

nou gaan ek jul vir eers verlaat

en as trane wil opwel in jul hart

die gemoed oorspoel met verlange

lig net jul oë op na die bloue gewelf

soek vir my in elke reënboog

hê my net lief in daardie oomblik

soos ek jul altyd

(op my manier)

lief gehad en nog steeds het

die skeiding sal nie vir ewig wees nie

dan sal ons mekaar weer sien en vas kan hou

tot dan …

soek vir my in elke reënboog

wat helder verskyn na elke tranereën

ek sal daar wees

tot ons mekaar weer eendag sien.

 

© Taai Bonthuys




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed