Jongste aktiwiteit:

spore

 

die groot Spoorsnyer volg

my spore toe dit nog kaalvoet was

krom en skewe spoortjies in die sand

stuur Hy dit met doelgerig tred

 

elke struikel – elke val noteer Hy

want Hy is en was altyd daar om te help

al het die spore later diep groewe gelaat

en my hart wroegend moes byhou

 

vanoggend stap my drome ingedagte

juis op daardie onuitwisbare diep spore

waar ek Sy hand aan my elmboog onthou

die sagte meegevoel van Sy liefde

 

vandag stap ek maar bewerig

maar nie heeltemal doelloos rond nie

want ek sien al klaar Sy skadu raak

in my moeg word van môre

 

 

Ó Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed