Jongste aktiwiteit:

Sprokie vir ʼn stadskind

(Woordtelling : 492)

 

Wat ʼn verlies was die afsterwe van Koos du Plessis tog nie. En selfs amper 40 dekades later is daar steeds geen ander sanger wie se liedere my so kan aanraak nie. Om ʼn enkele een uit te sonder wat my aandag vasvang kan seker niks anders wees as “Sprokie vir ’n Stadskind” nie, heel waarskynlik omdat dit wat agter daardie lirieke lê, baie meer as net ʼn paar mooi woorde is.

Koos Doep het op ’n dag deur Hillbrow gery en gesien hoe ’n ou swart vrou met ’n wit kindjie aan die hand deur die vuil strate stap. Dit het vir hom baie onvanpas gelyk en hy het gevoel dat hierdie kind nie op die strate van Hillbrow hoort nie. Daarna het hy ’n liedjie vir hierdie onbekende kind geskryf: “As jy geluk en vrede wil vind, soek die neonboog se punt. Dalk vind jy die land van blou saffiere en dalk ʼn brokkie son…

Die ellende en armoede van mense het hom verseker aan die hart gegryp. Die omstandighede en voorkoms van Hillbrow is in die laaste paar dekades ook nou nie juis iets waaraan ons ons kinders wil blootstel nie. Dit word grootliks geassosieer met misdaad, dwelms en prostitusie. Sou jy vandag in daardie strate stap, is jy nie verseker dat jy anderkant sal uitkom soos jy daarin gegaan het nie. Die kans is goed dat jy óf jou beursie, óf jou onskuld, óf jou lewe daar sal verloor, en is een van die gevaarlikste plekke in Suid-Afrika om in te woon. Die meeste inwoners is boonop buitelanders en werkloos.

Het Hillbrow in die laaste dertig of veertig jaar verander? Ek glo nie. Het die omstandighede van die kinders wat noodgedwonge daar opgroei verander? Sekerlik nie. Mense wat in sulke, byna onmenslike omstandighede gebore word, kom selfde daaruit om ’n reuse sukses van hul lewens te maak. Dis so al asof jou vormingsjare en omstandighede die res van jou lewe wil-wil bepaal en jy nie ʼn groot sê daarin het nie.

Maar tog is dit nie ’n waarborg dat armoede en misdaad verseker jou voorland gaan wees nie. Dit maak alleenlik jou wegspringplek net soveel meer tree agter as by diegene wat hul eerste asemteug in die omstandighede van voorspoed en goeie sorg begin. Miskien weerspieël alles wat op die oog af vuil en treurig lyk, nie heeltemal die waarheid nie, net soos die voorkoms van alles wat blink nie noodwendig ’n goeie opvoeding vir die bevoorregte kind voorspel nie.

Mag daar dalk tóg ʼn reënboog vir elke kind iewers in sy lewe verskyn, maak nie saak in watse armoede en ellende hy gebore sou wees nie.

 

As die reën van stof en roet verby is

En die rook verdwyn

Sal daar in die sterrelose hemel

‘N neonboog verskyn

 

En kyk maar goed,

Want as jy hom vind

Vertel ek vir jou ‘n sprokie my kind,

Van ‘n skatkis met ou kettings gebind

Aan die neonboog se punt…..

 




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed