Jongste aktiwiteit:

wand van jou hart

teen die wand van jou hart

as my gedagtes stadig,
langs die lanings van onthou,
loop
en beelde uitreik tot hoog
tussen berge so spits…

eggo jou spore
deur die ritme van my lyf
en ek jou stadig,
tot diep binne my,
asem…

wonder ek
of jy kyk,
my oor afstand se verwyder,
deur tyd se gang,
sien…

of ek
teen die wand van jou hart
blywend is,
in jou wese
afgeëts
@ Anton Kilian




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed