Jongste aktiwiteit:

Sterwende gedagtes

Koud kaal vonkel jou afskeid blik
as jy daar bly wanneer ek weer gaan
trane en seer van verlede tyd
spook by jou soos die beelde verwyd
weemoed kom lê in jou koeltes
Alzheimer sluk jou gedagtes heel in
jy die Ester wat almal onthou
‎n gesalfde van God deur jou pyn verflou
Mamma ek mis jou vreeslik vandag.

Jou sterwende gedagtes
het jou liggaam hier gelos
jy kan soveel vrae nie meer oplos
oggend stonde tot laat in die nag
soek na jou lewe se stukkies wat was
nog net een kuier soos ek kan onthou
een belangrike vragie
voor dit jou toevou
het jy my nog lief
of het Mamma al vergeet?
die dood van gedagtes
is net so Mara wreed.




Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed