Jongste aktiwiteit:

vind jouself

Vind jouself

as jy soek in plekke
waar jou aandag ontbreek
tussen wolke in kleur
in reënboë vaal geboë

tussen woorde van digters
tussen penne se ink
op ‘n leë papier
tussen sukkel in jou visier

daar waar vreemde golwe rol
soos vlerke deur oop deure
in staal sonder kerse
wasemloos in koue asem

dink jy tydloos
in temas van terugkaats
van lank terug se jonkwees
en ouderdom se fleur

en dan
as jy dans
op die maat van jou musiek
sal jy weet
jou hart se ruis van woorde,
sag hoorbaar in fluister,
klank saam in juiste orde

en as dit God se wil is
vind jy jouself
soos sand klip word,
fluister stem word,
wolke reën word
en jy weet
jou vonk het vuur geword
jou fluister het stem geword
@Anton Kilian




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed