Stilte na onreg
In die nanag se glinster
met silver sekelmaan,
treur roepend wind se hartseer
n weenende verhaal.
.
Kaalgestroopde vlaktes,
die niks het dit verniel.
Waai dawerend enkel grashalm
sy eensaam hartsverdriet.
.
Skree stilte oorverdowend
oor onreg aangedoen.
Bid koringkriek sy sang
dat mensdom moet versoen.
PAULA PAXTON©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.