Lied stilte
soos troebel water
spoel oor die klippies
raak gedagtes in die verte
die sagte klank in stroompie
bring heimwee van verlange
onthou ek die lied in my hart
borrel dit oor my lippe
smorens terwyl ek juigend
‘n nuwe dag ervaar..
koester die sprankel van vrou wees
dan op ‘n dag vind jy iets het verander
hartsnare verbeur opgewonde
niksienende die blouste hemel in
voel jy die lied stilte eensklaps
en jy wonder waar het dit verdwyn
besig het die lewe geraak
vat hier en vat daar
maar niks kom tot sy reg
alles maar net ‘n doolhof
soekend na iemand wat verstaan
die lied in my hart ‘n sagte refrein
terwyl denke oortyd slaan
tel jy twee en twee bymekaar
weet jy, jou hart het nie gefaal
maar iemand het skipbreuk gely
13 Sept 2019
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.